"Waterskeiding" deur CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX [boodskap #37975] |
Fri, 22 December 2000 20:42 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Waterskeiding
CHRISTINE BARKHUIZEN LE ROUX
agter die nek is die môre lou
'n laken, sag van warm slaap
wat om my lê in wit
geurende katjiepiering van laasnag
op my arms begin sweet
'n wilde wrang verlang 'n bang
'n seker weet
dat gister ongebore was
dag sonder kleur en vorm
tydlose ónbestaan
om my begin die klippe praat
uitroep in vleispienk koor
ligdag se vlymblou oë
het die rooisee middeldeur geboor
die glinstering teen my nek
versamel in vlak stroompies
loop in tussen my borste in
en af
dit was aand en dit is môre
dimensie
se beslag
|
|
|